Wednesday, November 11, 2009

Romantiese pessimisme

Hou my,
streel my
en belowe my
“Ewig Durende Liefde”.

Laat ek my hart
netjies ,
in tissue papier
weggee.

Lees saam aan
Romeo & Juliet
en
English Patient

Dan:
Belowe my jy sal doodgaan
(êrens,in my arms,
oor 'n misverstand)

Sodat ek kan treur en klaarkry
en nooit,
soos baie ander romantiese "fools",
moet opeindig

en erken
dat ek
eintlik nie kan glo
in lewenslange liefde nie.